Saturday, May 25, 2013

It's That Time Of Year Again:

Blitong Hunting and the First Buck Blood for the Howa .243



 
 
Tiaan (my 11 year old son) shot his first buck.
160 m, perfect heart shot, 29 kg (shared heaviest buck of the day)
I'm a very proud dad !!!
 
He had to cut the throat, struggled a bit, uncle Bex helped him out
 
 
 
 
Getting some fresh blood stripes from the farm manager

 
 
 
Finally, his dream came true.
 
 
 

 
 
The Whole Story:
 
 So jag my seun Tiaan (nou 11) al 4 jaar saam met my, maar alhoewel ek weet hy baie goed skiet , (ons skiet baie PCP airgun) het ek nog altyd uitgestel om hom te laat skiet in die jagveld. Hy is maar altyd my "spotter" om te help kyk waar die bok geval het.

Een van die groot redes hoekom ek ook nog terug gehou het, was omdat ons nie ons eie roer gehad het nie en altyd maar saam met iemand anders gejag het met hulle gewere. Einde laasjaar het ek toe besluit dis tyd en het ek die lisensie proses van heel voor af begin. 8 maande later en alles is goedgekeur en het ons nou 'n Howa .243. Het 'n tweedehandse Leupold 3.5 - 10 x 44 op hom gesit wat baie lekker werk.

Na vele probeer en nie aanvaarbare resultate met fabrieks ammo het Bex (Jors) my gehelp met lading ontwikkeling en herlaai. Skiet nou 85gr Sierra Gameking koeëls, in Lapua doppe met 41gr S365 teen 3065 fps (16mm groepe)

Hierdie Saterdag was ons in die veld vir die eerste jag en na 'n effense "shaky" start (skoot hoog deur die springbok se rug) het dinge begin beter lyk en het ek in totaal 4 springbokke laat val. Almal so tussen 180m en 250m, een 'n rapsie oor die 300m.

Na my 4 bokke het ek en die jongman gereken dat hy darem nou ook 'n kans moes kry. Ons het voorgesit, maar die dag was op 'n einde en dit was tyd dat die bakkie ons sou kom oplaai.

So sit en wag ons maar, hy met die geweer in die hand en vol hoop vir sy eerste bok. Toe ons weer mooi kyk, kom daar 'n enkel loper ram van ver af aangestap. So hou ons sy vordering dop, hy loop baie stadig en die spanning bou vinnig op hier by ons. Moet ek Tiaan laat skiet ?? Wat as hy kwes ??. Druk bou op, ram stap stadig, maar sy lyn is reg voor ons verby.

Volgende oomblik hoor ek die jagbakkie aankom. Dis 'n disaster, ek gryp na die foon, bel, niemand antwoord. Ram nog te ver. Nou raak die besigheid lekker tens, want nou kan ons al sien, dis sommer 'n meneer van 'n ram. Ek dink en dink, hoe gaan ek daai bakkie gestop kry. Daars nie plan, hy sal moet skiet. . . . .

Daar's bosse in die pad en dit moet nog oor die 350m wees. Haal geweer saggies oor, stel die teleskoop vir 150m. Tiaan lyk kalm, maar ek is nie, my hart klop in my keel en die bakkie "raas" in my ore. Daar hoor die ram ook die bakkie . . . hy begin draf . . . sy lyn ten minste nog reg . .

Toe hy in die oopte voor ons kom, fluit ek . . . hard . . dalk te hard !!! Bok steek in sy vier spore vas en draai reguit na ons . . . ek wil nog raad gee van waar om te mik, maar kan skielik ook nie dink . . . die bakkie is nou baie naby . . . toe klap die skoot . . . ek het hom nie weer herrinner dat die sneller lig is nie . . . . . . . . . .

Bok draf so paar tree weg . . . . dit moet mis wees . . . . . "gee die geweer" skree ek saggies. Toe ek klaar oorgehaal het en die bok weer in die teleskoop kry, is ek net betyds om hom te sien val.

Die man is in sewende hemel. Lyk of hy gaan uitpass. "Ek het hom pappa, hy't geval !" "Ek HET my eerste bok !!" Ons stap nader, bakkie ook nou by ons. Ons wys die rigting waar hy lê. Man moet keel afsny, maar sukkel bietjie, oom Jors help hom. Perfekte hart skoot, reg van voor. Jors range terug na die skuiling, 160m.

Ram weeg 29Kg, kop af en binnegoed uit. Gesamentlik( met nog n ander ram) die swaarste van die 28 springbokke geskiet op die plaas die dag.
 
Pa is so trots op jou seun !!